Deur Ben dy Preez
RUDY MORTLOCK het met ’n telling van 39 punte die Oudtshoorn Gholfklub se Stablefordgholfdag Saterdag (1 Julie) gewen.
Ockie Horowitz en Heinrich Cornelissen, albei ook met 39, was op ’n uittel tweede en derde. Jaco Mortlock en Phil Mooney, albei met 36, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Louis Fourie jr het op die sewende putjie ’n arend geslaan. Jaco Mortlock het spogtwees op die derde en vyftiende geslaan, en Fourie en WM Badenhorst ook op die vyftiende. Piet Swanepoel was naaste aan die pen op die derde.
Die boerpot is gedeel deur Heinrich Cornelissen, Phil Mooney, Fourie jr en JW Neethling.