Wyn van De Krans blink uit in wynkompetisies

De Krans se wynmaker, Christoff de Wet, in die wynkelder. Foto verskaf

De Krans, in Calitzdorp, het die afgelope maande met uitstekende resultate in gesogte wynkompetisies opnuut bewys dat dié kelder een van die top port-styl wynprodusente in Suid-Afrika is. By die Fine Wine Awards ontvang De Krans die trofee vir vir beste port-styl wyn vir hulle Cape Tawny (non-vintage), sowel as goue sertifikate vir die Cape Vintage 2020 en De Krans Cape Vintage Reserve 2020.

By die 2025 Michelangelo International Wine- and Spirits Awards word De Krans bekroon met ’n dubbelgoue toekenning vir hul Cape Vintage Reserve 2020, sowel as ’n goue toekenning vir hulle Cape Tawny (non-vintage) port-styl wyn.

Drie van De Krans se wyne behaal ook uitste-kende resultate van 90 punte en hoër in die onlangse 2025 Suid-Afrika Wynverslag, jaarliks vrygestel deur Britse wynkenner, Tim Atkin. Die vlagskip port-styl wyn, 2023 Cape Vintage Reserve, behaal 94 punte, die Cape Tawny 92 punte en die Tritonia Verdelho 2023, ’n sagte en komplekse wit wyn geproduseer van Portugese kul-tivars behaal 90 punte. Besoek gerus www.dekrans.co.za. vir meer inligting.