Goud vir Boplaas se muskadel

Marli Brink van Boplaas en Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA. Foto: Julian Kruger Photography

Marli Brink van Boplaas en Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA. Foto: Julian Kruger Photography

BOPLAAS van Calitzdorp het vir die derde agtereenvolgende jaar ’n goue toekenning by die jaarlikse Muskadel SA-toekennings gewen.
Vanjaar is Boplaas se Boplaas Heritage Collection 2014 bekroon.

Die 15de Muskadel SA toekennings is op 25 Mei by die Noop Restaurant in die Paarl, toegeken. Uit die 23 inskrywings vanjaar het vier wyne platinum- en vier goue toekennings ontvang.\

Die wyne is blind geproe en volgens ‘n welbeproefde puntestelsel beoordeel. Die uniekheid van die verpakking speel ook ‘n rol in die puntetoekenning. Volgens Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA, was die kwaliteit van vanjaar se inskrywings besonder hoog.