Met ’n baie bedrywige naweek wat op sportterrein voorlê, is Oudtshoorn besig om sy visie te verwesentlik om die sportmekka van die Wes-Kaap te word.
Die sportbyeenkomste sluit in:
* Die Laerskool Wesbank Prettrapbyeenkoms wat onder meer die Leopard Crawl-bergfietsren insluit. Dit begin om 07:00 by die skool.
* Die Interprovinsiale Highgate tweekampbyeenkoms wat moreoggend met die hardloopitems by die De Jagersportstadion begin en daarna na die NA Smit-swembad vir die swemitems verskuif. Die amptelike opening is om 07:30 by die stadion. Die Wes-Kaapse minister van Sport, Anroux Marais, gaan die prysuitdeling om 19:00 by Highgate bywoon.
* Die Kansa Relay for Life begin ook môre om 16:00 by die De Jagersportstadion en duur tot 06:00 Sondag.
* Die derde krieketwedstryd in die eendagreeks tussen Suid-Afrika se o.19-span en hul eweknieë van Sri Lanka vind Sondag op die Rec plaas. Die wedstryd begin om 10:00.
* Verskeie wedstryde in die SWD Krieketliga waarby spanne in ons lesersgebied betrokke is, vind môre en Sondag plaas. Hieronder verskyn al die bepalings:
Saterdag
Premierliga
Pacaltsdorp vs Union Stars, Ramblers vs Western Hope, Pirates United vs Sussex, Mosselbaai vs Harlequins , NMMUGeorge vs George
Promosieliga
Beaufort Wes vs Calitzdorp, Ladismith vs Bongolethu, Mayflower vs Dysselsdorp, Albertinia vs Slangrivier, Hartenbos vs Riversdal, Heidelberg vs Melkhoutfontein, Blanco vs Pioneers, KranshoekKobras vs Kwanonqaba
Vroueliga
Beaufort Wes vs Riversdale
Sondag
Premierliga
Harlequinsvs Union Stars
Promosieliga
New Dawn Park vs Wilderness
Skole: 0.19 Superliga
Oakdale vs LangenhovenGimnasium, Glenwood House vs Oakhill, Bridgton RPC vs Outeniqua, Sentraal vs Oudtshoorn, York vs Punt.