Willie Thysse met die wedvlugduif wat hy geteel het. Die duif het R10000 op ’n veiling op Knysna gehaal.
Deur Higgo Jacobs
’n Wedvlugduif wat deur Willie Thysse geteël is, het onlangs op die Knysnaveiling R10000 gehaal. Dit volg op die wedvlug vanaf Colesberg op Saterdag, 21 Julie.
Thysse het die duif vir ’n vriend gegee om te vlieg uit sy hok in Plettenbergbaai. Die Knysna Duiweklub het toe die Colesbergwedvlug gekies om hul jongduifveiling te hou waar die spesifieke duif toe die eerste veilingduif was wat geklok is.
Willie en Suyen Thysse se duiwe het ook Sondag die twee wedvlugte vanaf Springfontein oor ’n afstand van byna 500 km oorheers deur 21 plekke los te vlieg.
Die volledige uitslae is:
• Ope-afdeling 1: Thysses – 1, 2, 3, 4, 5, 7, 9, 10, 12, 17, 18 en 20; Raubenheimer Broers – 5, 6, 11, 13, 14 en 16; Johan de Jager – 8 en 19; en Cobus Matthee – 15.
• Ope-afdeling 2: Thysses – 1, 2, 6, 7, 11, 13, 15, 16, 17 en 19; Raubenheimer Broers – 3, 4, 8, 10 en 12; Johan de Jager – 9 en 20; Cobus Matthee – 14; en Johan Whyte – 18.