Bianca van der Westhuizen.
Deur Garnett Wicomb
WILHELM KUUN (19:45) en Bianca van der Westhuizen (22:35) was Saterdag onderskeidelik die eerste man en die eerste vrou wat die 232ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed voltooi het.
Altesame 105 deelnemers het aan die 5 km pretdraf en pretstap deelgeneem.
Bianca, wat Saterdag haar beste tyd tot dusver geëwenaar het, was algeheel in die vyfde plek agter Kuun, Jared Jordaan (20:55), Thys Jamneck (21:18) en Sphiwe Nzuza (21:48).
Die ander deelnemers wat Saterdag goed gevaar het, is Francois Verwey (23:34), Christo Theart (24:23), Kian Snyman (24:26), Tyler Kock (24:27), Thulani Mtembu (24:53), Luthando Nzuza (24:54), Nathan Gray (24:55), Rozanne Theart (25:02), Anton Kock (25:11), Melanie van Rensburg (26:04), Ronelle Engelbrecht (26:11), Tarren Jullies (26:23), Francois le Roux (27:00), Bart Saaiman (27:00) en Leon Larean (27:09).
Cala Lind en Lindie van der Veen het Saterdag hul 50ste Parkruns voltooi.
• Parkrunners moet onthou dat die wegspringtyd vanaf môre (Saterdag 5 Oktober) vervroeg na 07:00.