Weer tyd vir Wesbank se Leopardcrawl Bergfietsren!

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Laerskool Wesbank op Oudtshoorn bied sy gewilde jaarlikse Leopard Crawl Bergfietswedren op Saterdag, 3 Februarie, aan.

Dit is ’n byeenkoms vir die hele gesin!

Daar is drie afstande op dié bergfietsroete – 72km, 45km en 18km – en die roetes van al drie wedrenne lei deur die Infanterie se opleidingsgebied en omliggende plase.

Vir die gesin is daar prettrappe oor 13km en 5km asook ’n 5km-pretstap.

Inskrywings kan by Cycle Addict op Oudts-hoorn gedoen word asook op die dag. Alle deelnemers sal ’n medalje ontvang en die byeenkoms sal afgesluit word met gelukkige trekkings waar R10000 se pryse gewen kan word.

Die 72km-bergfietswedren (R200) begin om 07:00, die 45 km (R150) om 07:10 en die 18 km (R80) om 07:20. Dit is die eerste bergfietsbyeenkoms van die jaar wat deel vorm van die Eden XCM Series. Die 13 km prettrap (R40) begin om 08:00 en die 5 km (R25) prettrap/pretstap om 09:15. Daar is ook ’n 12,5 km veldwedloop (R120) wat om 06:45 begin. Die wegspringplek vir al die items is by die Laerskool Wesbank.

Meer inligting is by www.leopardcrawl.co.za beskikbaar. Vir navrae kan Louis Lategan gekontak word by 044 279 1731 of 082 337 3811.