Wedvlugduiwe weer op vaart

DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) is weer op volle vaart en het Saterdag (5 Junie) hul duiwe op Drie Susters in die Noord-Kaap losgelaat.

Padlangs is die afstand tussen Drie Susters en Oudtshoorn sowat 265 km, maar hierdie duiwe ken die kortpad en meeste is tuis geklok na ’n afstand van tussen 201 en 209 km.

In die OPK se Jaaroudafdeling het die Raubenheimer Broers se duiwe die voortou geneem, met Johan de Jager se duiwe kort op hul hakke. Hierdie twee “spanne” se duiwe het die topvyf-posisies beklee.

In die Ope-afdeling moes De Jager en die Raubenheimer Broers se duiwe terugstaan vir een van George Erasmus, en het hierdie drie spanne se duiwe die top-vyf volgestaan.

Volle Jaaroudafdeling-uitslae: Raubenheimer Broers – 1, 2, 16, 18, 22, 23, 25 en 26; De Jager – 3, 4, 5, 9, 10, 15, 19 en 24; Erasmus – 6, 7, 8 en 11; Jurie Geldenhuys – 12, 13 en 20; Ockie@Abe – 14, 17 en 21.

Volle Ope-afdeling-uitslae: Erasmus – 1, 10, 11, 12, 13, 14, 19 en 20; Raubenheimers – 2, 4, 5, 6, 16, 23, 24 en 25; De Jager – 3, 7, 9, 15, 26, 27, 29 en 30; Geldenhuys – 8, 17 en 22; Ockie@Abe – 18, 21 en 28. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Be the first to comment on "Wedvlugduiwe weer op vaart"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*