SWD Krieket vereer presteerders

Obus Pienaar - SWD Speler van die Jaar.

Obus Pienaar – SWD Speler van die Jaar.

Jean du Plessis - ontvang Simon Swigelaar Wisseltrofee.

Jean du Plessis – ontvang Simon Swigelaar Wisseltrofee.

Miceala Andrews - Vrouespeler van die Seisoen.

Miceala Andrews – Vrouespeler van die Seisoen.

Envirino Swartz  - Premierligaspeler van die Seisoen.

Envirino Swartz – Premierligaspeler van die Seisoen.

Deur Higgo Jacobs
Obus Pienaar, sterkolwer van SWD Krieket, is Vrydagaand, 20 April, by die unie se jaarlikse prysuitdeling by die De Opstal Country Lodge buite Oudtshoorn as die SWD se Speler van die Jaar aangewys.

Hy het dié toekenning ontvang vir sy skittervertonings met die kolf die afgelope seisoen.

Pienaar het boaan die Sunfoil Beker se driedag-reeks geëindig met ’n indrukwekkende lopiege-middelde van 101. Hy het gedurende die seisoen 909 lopies aangeteken wat 4 honderdtalle, 4 vyf-tigtalle en ’n hoogste telling van 186 insluit.

Jean du Plessis, wat vroeër vanjaar die Suid-Afrikaanse o.19-span by die Internasionale Krie-ketraad (ICC) se Wêreldbekerkompetisie in Nieu- Seeland verteenwoordig het, het die Simon Swigelaar Wisseltrofee ontvang vir sy puik prestasie.

Envirino Swartz van Union Stars is aangewys as die Premierliga se Speler van die Seisoen.

In die promosieliga is Mark Vermeulen van die Knysna Kavaliers gekroon as Speler van die Seisoen. Anver Venter (Union Stars) was die wenner in die reserweliga. Miceala Andrews wat in die vroueliga die meeste lopies aageteken en ook die meeste paaltjies laat kantel het, is as die Vrouespeler van die Seisoen aangewys.

• Twee lede wat die afgelope seisoen oorlede is, Wilfred Matthews wat vir SWD gespeel het, en Eric van der Vyfer, wat as president van SWDK durende 1994/95 gedien het, is met die Ererol Toekenning vereer.

Langenhoven Gimnasium se o.19-span het die trofee in die Skolesuperliga ontvang.