Spardag weereens ’n groot sukses

Links: FJ Pretorius (bestuurder Oudtshoorn Spar) saam met C Ludick en Skillie Pretorius (Eienaar Oudtshoorn Spar). D de Koker was afwesig met die neem van die foto. Foto: Verskaf

EEN van die grootste en gewildste gholfdae van die jaar, die Spar Gholfdag aangebied deur Oudtshoorn Spar, het verlede Saterdag by die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgevind.

Die wenners van die dag was C Ludick en D de Koker met 56 punte. In die tweede plek was K Keyser en J de Wee met 56 punte en K Morkel en E Johnson het die derde plek gewen met 55 punte.

Die pryswenners het met fantastiese vleispryse weggestap en daar was ook heelwat gelukkige trekkings vir al die deelnemers. (Deur Lindi Brill)