DIE SWD Krieketskeidsregtersvereniging beplan ’n skeidsregterskursus vir alle voornemende krie-ketskeidsregters.
Jean Neethling van dié vereniging nooi belangstellendes om dit by te woon. “Die kursus word gratis aangebied en almal kry ’n nuwe reëlboek. Veral vroue word aangemoedig om by te woon.”
Die kursus word op Maandag (20 November) op die Bridgton Sportgronde onder die pawiljoen aangebied. Dit begin om 16:00 en duur tot 20:00.
Verversings sal beskikbaar wees. Vir navrae kan Neethling by 0827769510 gekontak word.