Sewe voëltjies en ’n arend!

Llewellyn Rheeder

Llewellyn Rheeder

Deur Higgo Jacobs
Llewellyn Rheeder was Saterdag goed op stryk toe hy met ’n telling van 43 punte van ’n 1-voorgee af Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford-kompetisie gewen het.

Hy het in die proses puik gholf gespeel met 7 voëltjies en ’n arend op sy telkaart!

Carl Hanke was tweede met 38 punte en Danie Terblanche, ook met 38 punte, op ’n uittel derde. Anton Kock (37) was vierde en Johan Cornelissen (36) vyfde.

Terry van Coller het die boerpot gewen en ook op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan.
Spogtwees is deur Van Coller op die 3de en Rheeder op die 8ste geslaan.

• Afd A van Woensdag, 31 Januarie, se maandelikse houespel is gewen deur deur AO Theunissen met 85 houe. Afd B is gewen deur Marius Wilken met 71 houe en afd C deur Nolan Dryer met 66 punte. Die vroue-afdeling is deur Margereth Broughton met ’n telling van 81 gewen.

Spogtwees is aangeteken deur Colin Swigelaar op die 3de, Lollies van Rensburg en Hannes Smal op die 8ste en Etienne Roos op die 15de.

Dryer het op die 12de die naaste aan die pen geslaan.

Gideon Badenhorst het die boerpot gewen.