Plaaslike spanne vaar goed op rugbyveld

Die seëvierende Harlequins A ná die span se oorwinning oor All Blacks.    Foto: Ebenezer Titus

Die seëvierende Harlequins A ná die span se oorwinning oor All Blacks. Foto: Ebenezer Titus

Deur Wyndham Ewerts
DIE afgelope naweek is weereens kwaai meege-ding op die rugbyveld. Hier volg die uitslae van ’n aantal spanne van Oudtshoorn en die Klein Karoo.

• In ’n SWD Premierligawedstryd het Bridgton se A-span die Maori’s op George met 33-28 verslaan. Bridgton se drieë is gedruk deur Blade James, flank, Keanin Esau, heelagter, en Bradwin Wanies, vleuel, wat twee drieë gedruk het. Keanin Esau was suksesvol met twee doelskoppe en drie strafskoppe.

• In ’n SWD Presidentsligawedstryd het Oudts-hoorn Rugbyklub se A-span vir Willowmore met 37-22 geklop. Fernando Tiemie, losskakel, het vier drieë vir Oudtshoorn gedruk en Pieter Stuurman, senter, en Clifton Claassen, heelagter, een elk. Clifton Claassen, heelagter, was in die kol met twee doelskoppe en ’n strafskop.

• In nog ’n Presidentsligawedstryd het Harle-quins vir All Blacks op die Infanterieskool se rugbyveld met 19-17 geklop.

• In ’n Karoostreekwedstryd het Adias van Volmoed sy wedstryd op Haarlem met 19-12 verloor teen Haarlem Swings. Ondanks dié loesing is die span steeds die voorloper op die punteleer. Adias se drieë is gedruk deur Phillip Arries (senter) en Jonathan Stefaans (flank). Charlton Prinsloo het met ’n doelskop geslaag.