Parkrun Veterane: Kemp wen 158ste Parkrun

Vier veteraan-atlete wat op Saterdag, 21 April, saam Oudtshoorn Parkrun se derde verjaardag by Surval Olyflandgoed gevier het, is van links Armin Brandle van Port Elizabeth, sy vriend Tony de Je-sus, en die twee Oudtshoorn ve-teraanatlete, Lampies Lamprecht en John Andrianatos.  Foto: Garnett Wicomb

Vier veteraan-atlete wat op Saterdag, 21 April, saam Oudtshoorn Parkrun se derde verjaardag by Surval Olyflandgoed gevier het, is van links Armin Brandle van Port Elizabeth, sy vriend Tony de Je-sus, en die twee Oudtshoorn veteraanatlete, Lampies Lamprecht en John Andrianatos. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE 158ste Oudtshoorn Park-run Saterdag by die Surval Olyflandgoed is deur André Kemp in ’n tyd van 20 min 57 sek gewen.
Jannie Fourie (22:41) was tweede en Mathieu Roussel (22:46) in die derde plek.

Hestia Burger (28:16) was die eerste vrou oor die wenstreep en algeheel in die 16de plek met die 13-jarige Wihan Matthys du Plessis (25:59) die eerste junior en algeheel in die 9de plek.