Oudtshoorn RFC kraai koning met beide wedstryde

Die eerste span spelers van die Oudtshoorn rugbyklub vier hul oorwinning verlede Saterdag teen die Spring Roses. Foto: Verskaf

Albei rugbyspanne van Oudtshoorn Rugbyklub het hul wedstryde gewen teen die spanne van Spring Roses op Saterdag, 27 April op die REC in Oudtshoorn.

Die A-span het met ’n wentelling van 26 – 20 weggestap. Craig Blaauw is as speler van die wedstryd benoem. Die B-span het met ’n puntetelling van 24 – 10 koning gekraai, met Mancheslin Natan wat as hul speler van die wedstryd gekroon is.

Oudtshoorn RFC kom volgende naweek op hul tuisveld te staan teen die spanne van Ladismith.

Kom ondersteun hulle gerus. Tye kan op hul Facebook-blad verkry word. (Deur Lindi Brill)