Oudtshoorn fietsryers presteer by Cape Town Cycle Tour in Kaapstad

Foto verskaf

Die Cape Town Cycle Tour het hierdie jaar groot trots vir die Oudtshoorn Fietsryklub gebring. Baie geluk aan Willem Serfontein en Enzoë Ayford wat ’n indrukwekkende 109 km tandem-rit in 3:05 voltooi het – nadat hulle eers verlede week inskrywing gekry het en net vier keer saam kon oefen.

Vir Enzoë was dit boonop sy heel eerste CTCT- ervaring, en hy het as 1ste o. 23 in die tandem-afdeling geëindig.

Nog ’n uitstaande prestasie was Siphosihle Lucas, net 15 jaar oud, wat ’n uitstekende 8ste plek behaal het in die o. 17 wedren oor 78 km vanaf Vishoek in ’n tyd van 2:18.

Siphosihle Lucas is ook onlangs aangewys as junior sportman van die jaar 2025 by Oudtshoorn fietsryklub se prysuitdeling.

Ons is ongelooflik trots op ons jong ambassadeurs. (GRANWILLE GOLIATH)