Hendricus Botha

Burger van der Westhuizen
Deur Angelique Erasmus
TWEE renjaers van Oudtshoorn het Saterdag by die SA Ovaalbaankampioenskap op die Tygerberg Renbaan hul dorp se naam hoog gehou.
Hendricus Botha was met 56 punte Suid-Afrika se naasbeste jaer in sy klas en Burger van der Westduizen met 54 punte derde in dieselfde klas.
Die eerste plek in dié klas is ingepalm deur Raniel Koegelenberg van Tygerberg Renklub.
Dit was die vierde keer dat Botha die top drie haal en Van der Westhuizen se tweede keer.