Obus moker 130 lopies!

Obus Pienaar.

Obus Pienaar.

DIE 130 lopies wat Obus Pienaar, Union Stars en die SWD se sterkolwer Sondag teen Harlequins Magte geslaan het, was die hoogtepunt van die naweek se SWD Premierliga-aksie.

Union Stars het op die Bridgton Sportgronde in hul toegelate 50 boulbeurte ’n yslike 339/6 op die telbord geplaas danksy Pienaar se skitterbeurt. Hy is goed bygestaan deur Pieter Stuurman wat 49 lopes geslaan het. Hul vennootskap het 173 lopies van 127 balle opgelewer.

Union Stars het daarna vir Harlequins vir ’n skamele 97 lopies uitgeboender om aan Union Stars ’n oorwinning van 242 lopies te besorg.

Vir Union Stars het Envirino Swartz 3 paaltjies vir 27 lopies laat kantel en Pienaar 2/9.

Met 63 punte op die ligapunteleer is Union Stars ná 14 wedstryde nou 18 punte voor Mosselbaai wat met 45 tweede lê, George derde met 43 en Harlequins vierde met 33.