Jong HJ jaag voor

Fotos verskaf

Plaaslike en jong talent in motorsportkringe het hul merk merk gemaak tydens die SWD-toekenningsgeleentheid wat deur die George Motorklub aangebied is – met jong HJ Botha (10) wat die kollig gesteel het.

HJ ’n leerling van Laerskool Wesbank, een van Oudtshoorn se belowendste jong Dirt-Kart renjaers, het 1ste plek in die 160/200-afdeling ingepalm en wys dat die dorp se motorsporttoekoms in goeie hande is. Jong HJ volg in sy pa, Hendrickus Botha, en oom Henties de Villiers se voetspore in hierdie sport, en is dit duidelik dat passie en deursettingsvermoë diep in die familie loop.

Die jong jaer se prestasie is ook ’n trotse oomblik vir die plaaslike motorsportgemeenskap. HJ se sukses was deel van ’n groter prentjie waar verskeie Oudtshoorn-renjaers hul stempel afgedruk het:

Dirt-Karts:
• HJ Botha – 1ste plek (160/200-afdeling)
• Stian Steyn – 1ste plek (425 Supermods),

3de plek (390 Mods)
• Juan Steyn – 2de plek (390 Standard),

3de plek (Open Class)
• Berto Nel – 1ste plek (390 Mods)
• Jean Bekker – 1ste plek (Open Class),

2de plek (Supermods)
Ovaalbaan renjaers van Oudtshoorn het tydens die stockcars uitgeblink. Hier volg die uitslae in die verskillende kategorieë:

RWD Legends:
1. Morné Pelser
2. Gerrit du Plessis
3. Kristie Pelser

Ninja Rod:
1. Pieter la Grange

1600 Saloons:
1. Archie van der Merwe
2. Christo Beneke (SA3)

1660’s:
1. Henties de Villiers
2. Arno van Wyk

Hotrods:
1. JP du Plessis
2. Francois van Hoogen

Heavy Metals:
1. André Keller

V8’s:
3. Lucius Fourie

            Terwyl die name van gevestigde jaers steeds respek afdwing, is dit die jong talent soos HJ en die Benz sibbe, Bea en Aaron, wat hoop bring vir die toekoms van motorsport in die Klein Karoo.

            Met harde werk, ondersteuning van hul families en plaaslike klubs, is dit duidelik – Oudtshoorn staan nie terug wanneer die wiele rol en stof spat nie. Die volgende byeenkoms, Winter Stinger, vind op 2 Mei in George plaas. (ANGELIQUE ERASMUS)