Jedhli van Briesies van Langenhoven Gimnasium.
Deur Higgo Jacobs
Die belowende krieketspeler Jedhli van Briesies van Langenhoven Gimnasium is ná afloop van vanjaar se eindstryd van die Coca Cola T20 Skoletoernooi in Pretoria vir die Coca Cola All Star-span gekies.
Van Briesies het ook die SWD tydens 2018 se Coca Cola Khaya Majola-week verteenwoordig. Hy is die produk van die Hub-ontwikkelings-program waar hy by die D’Almeida- hub in Mosselbaai geïdentifiseer is.
Langenhoven Gimnasium het aan hom ’n sportbeurs toegeken op grond van sy krieketprestasies.
Jason Maswanganyi, afrigter van SWD Akademie se o.19-span, sê hulle is baie trots op Van Briesies.
“Ons sien uit na sy voortdurende vordering en ontwikkeling as ’n jong krieketspeler.”