

Die tweede jaarlikse Heritage Sokkertoernooi het Saterdag, 1 November, op die Infanterieskool se sportterrein plaasgevind. Spanne het in groot getalle opgedaag om deel te neem.
In die uitklopwedstryde het De Rustica vir Arsenal met 6–0 geklop, terwyl Dyla Boys 0–3 teen Alpha verloor het. Die derde uitklopwedstryd tussen Atletico en Young Stars is deur Atletico gewen met 2–1.
In die semifinaal het Atletico De Rustica 2–1 geklop. Die eindstryd was ’n spannende stryd waarin Alpha uiteindelik Dyla Boys met die strafdoel uitgeskop het met 6–5.
Blue Ribbon-toekennings is uitgedeel aan:
Beste doelwagter: Butsha Jnr Bombsi
Top doelskieter: Thabo Mohafa
Alpha-klub het die toernooi as wenners verlaat. (GRANWILLE GOLIATH)