Verlede naweek het Grebe’s Skopboksklub hul jaarlikse toernooi, die ‘Battle of the Karoo’ by die De Jager Sportsentrum in Oudtshoorn aangebied.
Daar was meer as 160 inskrywings vanaf al die klubs uit Eden, asook uit klubs van die OP en Kaapstad. Hierdie was die grootste toernooi van sy soort nóg.
Na die ope toernooi op die Saterdag, is daar ook vir die eerste keer die ‘Rise of the Champion’ aangebied, wat ’n opwindende ‘Tatami fight night’ vir die beste vegters uit die omgewing was.
Uit die 10 Oudtshoorn vegters wat daaraan deelgeneem het, is 7 as kampioene gekroon.
“Die visie is om groter platvorms vir ons atlete te skep om te help met hul ontwikkeling en ervaaring om so meer voorbereid te wees vir Nationale en Internationale Wêreldkampionskappe”, het Ranger Grebe van Grebe’s Skopboksklub, gesê.
Hul volgende toernooi sal weer in Junie maand gehou word tydens die Oudtshoorn Sportfees.
Die uitslae is as volg:
Noah van Jaarsveld (goud/silwer); Malansa Cassara (2 silver); Zian Pansegrauw (brons); Gideon van Antwerp (2 goud); Armand Oosthuizen (2 silwer); Tertius Botha (2 goud); De Wet Du Plessis (2 silwer); Lukas van Rooyen (goud/2 silwer/Fight Night Champion); Stian Jonker (silwer/ brons/ Fight Night silwer); Reon Lombard (goud/Fight Night Champion); Aidan Bruiners (silver /brons /Fight Night Champion); Hugo Lötter (2 goud/ silwer/ Points Open Champion); Wian Viljoen (1goud/ 2 brons); Renier Kruger (1 silwer); Gideon De Villiers (2 brons); Jonathan Truter (3 silwer); Reghardt Wolmarans (1 silwer); Xander van Jaarsveldt (2 silwer); Heath Classen (2 goud); Jaco van der Merwe (2 goud); Luan Mattheüs (2 goud,/1 silwer); Divan van Deventer (silwer/2 brons/Fight Night Champion); Dirk- Harold Mostert (2 goud/ 2 silwer/ Points Open Champion/ Fight Night Champion); Cole Griffin (2 goud); Lisa-Mari Schoeman (2 silwer); Liza-Mari Mostert (2 goud); Tristan Beets (2 silwer); Liam de Wit (2 brons); Logan van Jaarsveldt (silwer/brons/ Points Open Champion); Joshua Smith (goud); Aiden Solomans (silwer); Simon Greeff (2 goud/ Points Open Champion/ Fight Night Champion); Anando Olivier (2 goud); Wian Grebe (Fight Night silwer); Divan Rademeyer (2 goud/1 silwer / Fight Night Champion); Audan Olivier (1 goud /Points Open Champion); Chaunique Bruce (2 goud/1 silwer); Jenovin Fortuin (1 goud/ 1 brons/ Fight Night silwer).
Grebe’s Skopboks neem deel aan die Battle of the Karoo
Die skopboksspan van Grebe’s Skopboksklub in Oudts-hoorn wat aan die “Battle of the Karoo” deelgeneem het.
Foto: Verskaf