Gimnastiek bring kindervreugde

Agter van links Heinrich de Koker, Martina de Koker (hulpafrigter), Liza De Beer (eienaar) en Karen Joan Pansegrouw met kinders van die Oudtshoorn Lighuis se Storie-en-Dramaklub.

Agter van links Heinrich de Koker, Martina de Koker (hulpafrigter), Liza De Beer (eienaar) en Karen Joan Pansegrouw met kinders van die Oudtshoorn Lighuis se Storie-en-Dramaklub.

Deur Wyndham Ewerts
Die Akademie vir Tuimel & Trampolien rig tans die kinders van die Oudtshoorn Lighuis se Storie-en-Dramaklub gratis by die plaaslike Drilsaal af.

Die gimnastiekoefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae tussen 15:00 en 17:00.
Liza de Beer, eienaar van die klub, sê dit is die klub se “nederige manier om terug te ploeg in die gemeenskap”.

Volgens haar het baie van die kleintjies natuurlike talent. “Ons sal dit graag ordentlik en koste-loos ontgin.

“Om die glimlaggies en ywer op hul gesiggies te sien as hulle sekere moeilike bewegings bemeester is vir my kosbaar. Die klub beoog om volgende jaar die kinders met potensiaal in te skryf vir plaaslike en nasionale gimnastiektoernooie.

“Sport is ’n groot gelykmaker en met hierdie ini­siatief hoop ons om ’n wesenlike verskil in hierdie kinders se lewe te maak,” sê De Beer.