Gimmies se dogters-tennisspan het die afgelope naweek hul staal gewys tydens ’n mededingende skoletennistoernooi in George, aangebied deur Great Tennis. Die span het van die begin af hul intensies duidelik gemaak en Vrydag die toernooi op ’n hoë noot afgeskop met ’n oortuigende 6–0 oorwinning teen Woodridge College.
Saterdag het die meisies hul uitstekende vorm voortgesit met nog drie taai wedstryde teen Greenwood Bay, Great Tennis en George. Die kompetisie was van hoogstaande gehalte, met elke wedstryd wat strawwe en gelykop aksie opgelewer het. Dit was duidelik dat elke span alles in die stryd gewerp het, wat vir opwindende en spanningsvolle tennis gesorg het.
Ten spyte van die strawwe teenstand het Gimmies se span hul kalmte en fokus behou. Hul harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk het uiteindelik die verskil gemaak.
Met slegs een wedstryd wat die top twee spanne geskei het, het Gimmies daarin geslaag om as wenners uit die stryd te tree en die toernooi te beklink. Hierdie prestasie is ’n bewys van die span se toewyding en talent.
Baie geluk aan die spelers en afrigters – julle het beslis rede om trots te wees op hierdie merkwaardige prestasie

Be the first to comment on "Gimmies se dogters-tennis blink uit in George"