Gimmies klop Bridgton RPC

DIE eerste krieketspan van Langenhoven Gimnasium het Saterdag (21 Januarie) op sy tuisveld korte mette gemaak met die eerste span van Bridgton RPC, ’n span saamgestel uit skole van die groter Oudtshoorn.

Bridgton, wat eerste gekolf het, is in 39 boulbeurte vir slegs 125 lopies uitgehaal. Vir Bridgton het C Olivier met 27 lopies die beste gekolf gevaar.

Gimmies se snelnouler, Johann Müller, spog met boulsyfers van 5/28 in tien boulbeurte.
Müller is goed bygestaan deur Faghan Adonis (2/21) en Kyle Wagner (2/34).

Gimmies het die wenteiken aangeteken met slegs twee van hul paaltjies plat.

Francois Barnard het 64 onoorwonne lopies ge­slaan. PJ Sauls het 27 lopies behaal.

• Die Hoërskool Oudtshoorn se eerste krieketspan het sy goeie vertoninglys van die jaar voortgesit deur Saterdag (21 Januarie) in ’n wegwed- stryd vir die Oakhillskool ’n goeie pak slae te gee.

Die Struisies het die eerste span van die Oakhill op Knysna met 43 lo­pies geklop.

Die Struisies, wat eerste gekolf het, het 197 lo­pies aangeteken met die beste kolwers Shaun dee Meyer (67), Migael Vermeulen (35), Justin Olivier (25) en JG Marais (22).

Oakhill is daarna vir 154 lopies uitgeboul. Vir die Struisies het JG Marais (2/8), Shaun dee Meyer (2/29) en Jayden Louw (2/30) goed geboul.