Deur Higgo Jacobs
GARTH MATTHEWS was Saterdag die algehele wenner van Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel met ’n netto-telling van 66 houe. Hiermee het hy ook afdeling C van die kompetisie gewen.
Afdeling A is deur Louis Fourie (jr) met ’n telling van 69 punte gewen en afdeling B deur Salie Oosthuizen met 70 houe. Ronelle Cornelissen het die vroue-afdeling met 68 houe gewen.
Louis Fourie (sr) het op die 15 de putjie die naaste aan de pen geslaan.
Daar was nie minder nie as agt spogtwees: Jaco Mortlock, Matthews, William Malgas en Fourie (jr) op die derde putjie; Pieter Nel op die agtste, Heinrich Cornelissen op die twaalfde; en Fourie (sr) en Ronelle Cornelissen op die vyftiende.
• Woensdag, 20 September, se individuele stableford is deur Niel Truter met ’n telling van 39 punte gewen. Winston Coerecius en Billy Capil, albei met 38 punte, was op ’n uittel tweede en derde. Francois Verwey (36) was vierde.
Capil het die boerpot gewen. AO Theunissen was op die 12de putjie naaste aan die pen. Salie Oosthuizen het op die derde ’n spogtwee behaal.
• Die gewilde maandelikse vleisgholfdag vind weer Saterdag plaas. Met die vleisgholfdagreeks wat nou in die pylvak is, blaas die voorste vyf spelers in mekaar se nekke!