SATERDAG (22 Mei) se weeklikse virtuele Oudtshoorn Parkrun is gewen deur Francois le Roux wat ’n tyd van 25 minute 11 sekondes oor die 5 km aangeteken het.
Conrad Jullies was tweede (27:32) en Bart Saaiman derde (28:05).
Die top drie is gevolg deur Henry Carstens (29:57), Annemarie le Roux (30:26), Sylvia le Roux (35:42), Helena Smith (36:43), Hildegarde Bruwer (40:02), Nickie Sale (42:05), Febe van Wyk (54:00) en Filia Rockas (54:27). (Deur Garnett Wicomb)
Francois le Roux vinnigste in virtuele Parkrun
