DIE jaarlikse padwedloop en pretstap om atlete en ander padgebruikers van padveiligheid bewus te maak, vind plaas op Dinsdag, 7 November.
Die wedloop begin om 18:00 op die hoek van Jan van Riebeeckweg en St Johnstraat op Oudtshoorn. Deelnemers kan kies tussen 3 km en 5 km en hulle kan draf of stap.
Die byeenkoms word aangebied ter nagedagtenis aan Sanet Wentzel wat agt jaar gelede op die Grottepad dood is. ’n Motor het haar getref terwyl sy langs die pad gedraf het.
Die wedlope word ook aangebied om motorryers daarvan bewus te maak dat hulle moet uitkyk vir drawwers langs die pad.
Deelname is gratis en daar sal gelukkige trekkings gehou word. Vir navrae kan Lampies Lambrecht by 072 601 8189 gekontak word.