Daschin Smith neem haar talent na die nasionale verhoog

Die jong Oudtshoorn-gimnas Daschin Smith leeder van Sacred Heart (R.K) Primere Skool het tydens die Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskappe in Kaapstad uitmuntend presteer en haar plek by die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe verseker.

Sy het ’n silwermedalje verower met ’n tweede plek in Double Mini en het ook ’n sesde plek in Tuimel behaal. Hierdie uitslae bevestig haar talent en deursettingsvermoë en het haar die geleentheid gegee om op 26 September 2026 op nasionale vlak mee te ding.

Die Oudtshoorn-gemeenskap is baie trots op haar en sien uit na haar deelname aan die kampioenskappe. Om haar deelname moontlik te maak word ’n fondsinsameling op 17 September by Jubileestraat 76 gehou om reis, verblyf en deelnamekoste te dek.

Inwoners word aangemoedig om ondersteuning te toon en hierdie belowende jong sportster te help om haar droom te bereik. Sacred Heart Primer is ongelooflik trots op haar prestasie en glo dat sy ’n blink toekoms in gimnastiek het.

Sy harde werk, dissipline en liefde vir die sport inspireer baie jong atlete in die gemeenskap. Met haar deelname aan die nasionale kampioenskappe op 26 September 2026 hoop sy om verdere ervaring op te bou en haar vaardighede te verbeter.

Die fondsinsameling bied die gemeenskap ’n geleentheid om saam te staan en haar reis na nasionale vlak te ondersteun. Alle ondersteuning word waardeer en die gemeenskap word aangemoedig om op 17 September by Jubileestraat 76 in groot getalle op te daag om hierdie jong talent te help om haar drome te bereik en ook saam te vier.