Clement Rex (links) wat die Vleisdag gewen het, en Louis Willeman wat tweede was.
DIE Oudtshoorn Gholfklub se vleisgholfdag is Saterdag deur Clement Rex met ’n telling van 41 punte gewen. Sy prys was ’n lekker pak vleis!
Louis Willeman (40 punte) was tweede gevolg deur Anton Kock, Paul Stroebel en Celeste Barnard (al drie met 39) op ’n uittel derde en vierde en vyfde.
Sarel Fick was op die 3de die naaste aan die pen. Spogtwees is geslaan deur Piet Swanepoel (12de) en Chris Smith (15de). Etienne Roos en Fick het die boerpot gedeel. (Foto & berig: Higgo Jacobs)