Boks wen stableford

Daniël Boks het Saterdag Oudtshoorn Gholf-klub se individuele stableford met ’n telling van 40 punte gewen.
Carl Hancke (39) was tweede gevolg deur Chris Smith (38), Francois Pretorius (37) en Marius Wilken, ook met 37, op ’n uittel vyfde.

Hancke het ook die boerpot gewen. Pieter Nel was op die 3de putjie die naaste aan die pen en spogtwees is deur Pretorius op die 3de geslaan en Hancke op die 15de.

• Woensdag, 17 Januarie, se individuele stableford is deur Fanie Greeff met ’n telling van 38 punte gewen. Gary Hutchings (37) was tweede op ’n uittel gevolg deur Etienne Roos, Willem Burger en Higgo Jacobs, al drie met 36 punte.

Deon Barnard het op die 8ste die naaste aan die pen geslaan. Jacobs het op die 8ste ‘n spogtwee behaal en Lollies van Rensburg op die 15de.

Be the first to comment on "Boks wen stableford"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*