All Black Rugbyklub sportsterre 2016

Foto: Higgo Jacobs

Die All Black Rugbyklub het Saterdagaand erkenning aan sy sportsterre vir 2016 gegee. Die spelers wat pryse ontvang het, is voor van links Emelio Levendal (Lojaalste Speler van die Jaar), Gezané Plaatjies (Speler van die Jaar) en Damian Januarie (Beste Sewes-speler van die Jaar), en agter van links Marius Bruiners (spelers se Speler van die Jaar), Luciano Pretorius (Beste B-spanspeler), Alexander Josephs (Beste A-spanspeler en meeste drieë gedruk) en Everton Manewil (Mees Belowende Speler).