’N LID van die Oudtshoorn Rolbalklub, André Bezuidenhout, was tydens die SA Meesters Enkelspelrolbaltoernooi vroeër vanjaar op die Wanderes in Johannesburg in vier wedstryde die skeidsregter.
Hy was ook die tellinghouer in die eindstryd vir senior mans. Dit was die vierde keer dat Bezui- denhout in eindstryde by die SA Meesters as be-ampte opgetree het.
By die onlangse All Cape-toernooi was hy ook die skeidsregter in die halfeindstryd en die eindstryd in die vroue- sowel as die mansafdeling.
Bezuidenhout sê dit is vir hom ’n eer en voorreg om deur die tegniese paneel gekeur te word vir sulke groot toernooie.