Bekkenk wen taai 36ONE

Ramses Bekkenk nadat hy 361 km oor berge en deur dale voltooi het.

Ramses Bekkenk nadat hy 361 km oor berge en deur dale voltooi het.

SOWAT 800 bergfietsryers het Vrydagaand en Saterdag aan die 36ONE MTB Challenge, ’n vasbytbergfietsren oor 361 km om Oudtshoorn en om- streke, deelgeneem.

Die deelnemers het Vrydag om 18:00 by Kleinplaas op Oudtshoorn weggespring, deur die nag gery en Saterdag weer op Oudshoorn klaargemaak.

Die eerste man oor die eindstreed is Ramses Bekkenk (41) van Nederland in 14:05:19. Hy het die 36ONE verlede jaar in 13:59.55 gewen.

Jeannie Dreyer was in 16:05:34 die vrouewenner. Die twee-persoonaflosren is deur Yolande de Villiers en Jacques van Staden gewen.

Die eerste span oor die eindstreep is Craig Edwards en Dane Walsh.

Die roete volg die verlenging van Jan van Rie-beeckweg tot by die Volmoedpad, na die Oude Muragiepad, verby Dysselsdorp oor Leeublad tot so ver as Scheeperskraal, via Volstruisvlakte en Mount Hope na Volmoed, via die Paardebontpad en die Rooibergpas na Calitzdorp, en dan via die Groenfontein- en Lategansvleipad tot by die R62 en terug na Kleinplaas.

Behalwe dat die roete 361 km lank is, gaan dit basies 360 grade om Oudtshoorn en het deelnemers 36 uur om die wedren te voltooi.