Hoërskool Oudtshoorn se voorportaal het onlangs ’n splinternuwe voorkoms gekry nadat dit opgeknap en verfraai is. Die opgeknapte area lyk nou netjies en uitnodigend en dra by tot die trotse beeld van die skool.
Die verbeterings het die ingang van die skool ’n vars en moderne voorkoms gegee, en besoekers word nou deur ’n mooi voorportaal verwelkom.
Struisies is bekend vir hul trots en tradisie, en die nuwe voorkoms van die voorportaal is nog ’n voorbeeld van die skool se strewe om ’n netjiese en inspirerende omgewing vir leerders en personeel te skep. Gaan maak gerus ’n draai en loer self!
Struisies skud vere reg…
