Sherwin is Sportman van die Jaar

Sherwin Plaatjies, Bergsig Primêr se talentvolle linkerhandse bouler wat gekies is vir die SWD o.13-krieketspan wat in Desember aan die Momentum Krieketweek in Pretoria gaan deelneem, is ook aangewys as sy skool se Sportman van die Jaar. Voor saam met hom is van links Bernard le Kay (o.11 en o.13-afrigter), Brandon Griffin (Bergsig se skoolhoof), Keith Wagner (spanbestuurder van SWD o.15’s) en agter Bernard Jonkers (spanbestuurder van die SWD o.13’s).  Foto: Ebenezer Titus