Rugby – Gimmies eerste rugbyspan

Die eerste rugbyspan van Langenhoven Gimnasium wat Maandag by die Karootoernooi op die Hoërskool Oudtshoorn se velde die span van die Hoërskool Schoonspruit van Malmesbury met 27-26 geklop het. Gimmies het die wenpunte in die laaste oomblikke van die wedstryd aangeteken nadat hulle met 24-26 agter was. PJ Sauls, Gimmies se skrumskakel, het ’n strafskop deur die pale gejaag om sy span met ’n enkele punt te laat wen.  Bennie Stemmet (senter) het twee drieë vir die Gimmies gedruk en Bradford Hendriks (vleuel) een.    Foto: Ben du Preez