Rodewal se graad 7’s uitgedos vir die ‘mini-matriekafskeid’

Rodewal UCC Primêr in Schoemanshoek buite Oudtshoorn se graad 7-leerders uitgedos by hul mini-matriekafskeid wat by die Oudtshoorn Inn plaasgevind het. Die 18 leerders is getrakteer op onder meer ’n driegangete en ’n fotosessie.Volgens hul skoolhoof, Petronella Abrahams, is dié mini-matriekafskeid ’n jaarlike instelling en geniet hulle dit om die kinders te bederf voordat hulle die skool verlaat om hoërskool toe te gaan. Foto: Rudy van Heerden