Van die trompoppies van die Laerskool Van Reede – een van twee trompoppiespanne van Oudtshoorn-laerskole – het die afgelope wintervakansie in Durban gewys dat hulle met die beste en grootste skole in die land kan saamgesels. Die Laerskool Van Reede se trompoppies was sewende in die Elite-afdeling van die jaarlikse Suid-Afrikaanse Trompoppiekampioenskap en die trompoppies van Sacred Heart Primêr agste in dieselfde afdeling. Net om in die Elite-afdeling te kan deelneem, is op sigself ’n eer. Die trompoppies van Laerskool Van Reede het daarmee een plek beter gevaar as hul agtste plek van verlede jaar en vanjaar in al die afdelings waarin hulle deelgeneem het (Large Drill, Small Drill, Throwing Prop, Non prop pom pom, Primary Flag) so goed presteer dat hulle na die finale ronde daarvan deurgedring het.
Foto: Facebook