Die Oudtshoorn Muurbalklub se juniorspan het goed gevaar in sy eerste wedstryd in die Junior Eden-skoleliga Maandag op George. Die vier jong Oudtshoorniete wat almal in graad 6 of 7 is, het twee wedstryde teen ’n sterk Outeniquespan gewen en twee verloor, maar uiteindelik met 5 potte teen 7 verloor. Hulle is van links Ruben van der Poel en Joshua Arndt (Laerskool Wesbank), Maarten Kruger (tuisonderrig) en Anton Claasen (Laerskool Laurus). Foto verskaf