Nickyle Augustus, ’n leerder van Laerskool Laurus, het Wes-Kaap Kleure vir atletiek gekry by die Wes-Kaap Kampioenskappe verlede naweek in Kaapstad.
Nickyle het eerste gekom in die 80 m-, 100 m-én verspring kompetisies.
Hy het ook nuwe rekords opgestel in die 80 m en die verspring.
Hy gaan volgende naweek deelneem aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Limpopo. (Deur Lindi Brill)
Nickyle bring drie goue medaljes huis toe
Nickyle Augustus van Laerskool Laurus het 3 goue medaljes losgeslaan by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe in Kaapstad.
Foto: Verskaf