Matrieks van 1967 hou reünie

Die Hoërskool Oudtshoorn se matrieks van 1967.

Die Hoërskool Oudtshoorn se matrieks van 1967 is voor van links (* = onderwysers) Koos Carstens* , Hetsie (Marais) Scheepers, Erica Jordaan, Aletta (Cronje) Esterhuizen), Suzette (Terblanche) Mclaren, Mary (Avenant) Potgieter, Henriette (van der Merwe) Murray en Renè (Greeff) Rudman, middel van links, Fanie Greeff, André (Calitz) Theart, Linza (le Roux) Odendaal, Johan Stander, Annette (Koch) Burger, Marius Botes, Hennie Olivier, Kevin Jacobs, Berthold Marx, Engela (Mouton) Olivier*, Mary Hann-Smith en Theo Botes, en agter van links, Tienie Olivier*, Hannes van der Poel*, Cecily (Botha) Victor), Nils Johnson, Henry Swart, Pieter Steyn, Arie Meiring, Thys Zondagh, Manus Blignault, Johan Spies, Jan Burger, Andrew Vos, Johan Gerber, Heinrich van Straaten, Gerrit Truter.

Die Hoërskool Oudtshoorn se matrieks van 1967 hou die naweek reünie en het onder meer vanoggend by die CP Nel Museum byeengekom.

Wat hierdie matriekklas besonders maak, is dat hulle in 1967 die laaste matrieks was wat skoolgegaan het in die gebou wat vandag die museum huisves.

Interessant is dat hierdie klas in 1963 ook vir ‘n eerste gesorg het deurdat dit die eerste jaar was dat die seuns van die eertydse Hoër Seunskool en die meisies van die Hoër Meisieskool saam begin skoolgaan het.

Die leerders van die meisieskool het voorheen skoolgegaan in ‘n gebou in Baron van Reedestraat wat afgebreek is om plek te maak vir die Polisiekantoor wat gebou is waar die meisieskool was.