Die Laerskool Wesbank se seuns- en meisiestennisspanne wat Vrydag (15 Februarie) hul onderskeie afdelings gewen het by die Reef Hudsontoernooi op George. Wesbank is ook aangewys as die algehele wenner van dié Suid-Kaapse toernooi. Die spanlede is voor van links Ella Rossouw, Jodi Potgieter, Francis Beukes, Anandie de Waal en Nika Potgieter, en agter van links Louis Uys, Xander Pienaar, Jaco Lamprecht, Roy Viljoen en Roux Delport. (Foto verskaf.)