Bo, onder & heelonder: kinders van Sacred Heart Kleuterskool. Foto’s: Ilze-Mari Gründling


Deur Ilze-Mari Gründling
SACRED HEART PRE-KLEUTERSKOOL in Bridgton, Oudtshoorn spog vanjaar met 320 kinders – nadat dit in 1950 met net 17 kinders begin het!
Die skool het vanjaar vier graad R-klasse, die meeste wat die kleuterskool ooit gehad het.
Die kleuterskool is 68 jaar gelede in 1950 deur die Katolieke Kerk gestig en was in Noord-Einde gevestig.
In 1963 het die skool na Impalaweg in Bridgton verhuis, waar dit vandag nog staan onder leiding van suster Alphonsa Joseph. Tans het die skool 17 personeellede. Die skool bied ’n vriendelike, vrolike atmosfeer vir die kinders en daar is nie een frons te siene nie.
“Ons personeel gaan gereeld op kursusse en ons bied ook musiek- en beginner rekenaarklasse aan vir die kinders.
Hier is ook nasorg wat ons beskikbaar stel vir grade 1, 2 en 3. Met die nasorg by is hier 320 kinders!” sê Willeman. “Die kinders is welkom om by ons aan te sluit.”