Graad eens gesels só oor hul eerste skooldag

LAERSKOOL WESBANK:
Ajay Lewis (6, bo) sê sy eerste skooldag was baie lekker. Hy hou egter glad nie van vroeg opstaan nie, en omdat hy in Dysselsdorp bly, moet hy vroeg opstaan. Sy gunsteling ding om te doen is om buite te speel.

Shay Scheepers (7, onder) sê sy hou baie van haar nuwe skool, en dat hulle baie lekker werk daar doen. Sy het ’n vriendelike juffrou en sy hou sommer baie van haar.

Liam Schoeman (6, heelonder) sê hy is nie te mal oor skool nie, want hy moet vroeg opstaan. “In my ou skool kon ek laat slaap, en sommer by die huis bly as ek wou,” sê hy. Sy eerste dag was tog vir hom lekker, veral die inkleurwerk en hy sien baie uit na huiswerk. Sy gunsteling aktiwiteit is om pouses op die groot klimraam buite te speel.

LAERSKOOL LAURUS:
Vazti Burts (6, bo) het aan Die Hoorn vertel sy hou die meeste daarvan om te werk in die klas, maar dat hulle nog nie huiswerk kry nie. Sy sê sy was glad nie bang vir haar eerste skooldag nie, want haar juffrou was sommer baie vriendelik met haar.

Reuven Krüger (6, onder) sê dat hy het lekker ingekleur en dat sy gunsteling­kleur rooi is. Hy hou ook daarvan om op die “skilpad”-speelgoed te speel en pouse op en af te spring. “My eerste dag was lekker,” sê hy.

Andrew Fieties (6, heelonder) sê hulle het sommer lekker werk gedoen op sy eerste dag van skool, totdat die klok lui en dit pouse is. Hy sê ook hy kan sien sy juffrou is baie slim, want sy leer hulle baie nuwe goed soos om te lees en skryf, en gee hulle werk om te doen.

JUBILEE MONTESSORI
Mikhulu Ngxobongwene (7, left) said his first school day was very nice, especially playing with his friend outside on the swings. “We did some work in class. My favourite colour is blue, and I like using the blue pencil when I colour.”

Jamolea Gerber (7, middle) said she loves her school because she has lots of friends. She especially likes to draw pictures in class. Her teacher is her favourite and she really really loves her teacher.

Alexa Theron (6, regs) sê haar eerste skooldag was vir haar baie lekker. Hulle het op die klimrame gespeel en gelukkig het dit nie gereën nie. Sy vertel dat alhoewel hulle nog nie huiswerk het nie, sy baie daarna uitsien om eendag huiswerk te kry om by die huis te gaan doen. Foto’s van graad 1’s: Angelique Erasmus