Die geleentheidspreker by die gala-aand van die Oudtshoorn Besigheidskamer verlede Donderdag by die Surval Olyflandgoed was dr Theuns Eloff, voormalige rektor van die Noordwes Universiteit en uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting, wat gesels het oor die huidige ekonomiese situasie in die land. Hier van links by die geleentheid is Fanus Truter (voorsitter Mosselbaai Besigheidskamer), Gideon Badenhorst (voorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer), Eloff, George Kersop (raadslid en voorsitter van die raad se finansiële protefeulje) en dr Willie Cilliers (president George Sakekamer).
Gala-aand Geleentheidspreker
