Redakteursbrief: Die tyd om kop te hou

Die talle vreemde nommerplate in die Klein Karoo en mense in vakansie­-kle­­re in die strate gee dit weg – dit is weer daar­die tyd van die jaar! Die so­merva­kansie het vir baie aangebreek en Kersfees en Nuwejaar is ook nie meer so ver nie.

In die Klein Karoo is dit dikwels die tyd van die jaar wat inwoners die een of ander tyd koers kies om by die see of vriende of familie te gaan kuier, terwyl toeriste van elders weer in dié geweste kom kuier.

Dit is egter veral die tyd van die jaar vir almal om kop te hou – op die pad, in die water, wanneer jy kuier en wanneer jy alkohol gebruik. Kyk gerus maar uit vir mekaar.

Dink ook aan diegene vir wie dié tyd van die jaar nie maklik is nie – die­gene wat verlang na geliefdes wat nie meer by hulle is nie, diegene wat eensaam is, diegene wat finansieel swaar kry en diegene wat siek is. Dan­kie aan almal wat die mense om hulle raaksien en help en ondersteun waar hulle kan.

Dankie ook aan almal wat oor die Kers- en Nuwejaarstyd noodsaaklike dienste verrig. Dit is inderdaad vir baie mense nie ’n rustyd nie, maar ’n bedrywige en selfs spanningsvolle tyd – veral mense in die gasvryheidsbedryf en die­ werksaam by die Polisie, ver­- keers­­dienste, nooddienste, hospitale en ander noodsaaklike ondersteu­­-nings­dienste.

  • Die laaste uitgawe van Die Hoorn vir 2016 verskyn volgende Donder-dag (15 Desember).

Ons kantore sal gesluit wees vanaf 15 Desember en weer op 5 Januarie 2017 heropen. Die eerste uitgawe van Die Hoorn vir 2017 verskyn op 12 Januarie.

 

– Liesel le Roux