Verwikkelinge by Die Boomhuis

Van links is Daleen Schoeman, Ruan Niemann, Gerhard Visser, Stephen Gardiner en Kobus Schoeman. (Foto verskaf)

MET die intrapslag in 2022 in, het ’n klomp dinge verander by die Boomhuis in Oudtshoorn, maar baie het ook dieselfde gebly.

Op 29 Januarie is daar ’n nuwe komitee verkies by die algemene jaarvergadering van dié sosiale kannabisklub.
Ruan Niemann is verkies as President, Stephen Gardiner as Visie-President, Gerhard Visser as Tesourier, Kobus Schoeman as sekretaris en Daleen Schoeman as Nakomingsbeampte van die nie-winsgewende maatskappy. Welkom ook aan Aiden du Busson en Durette Fortuin, wat alle lede se inhuis-belange hanteer.

Met vars gesigte en skerp potlode skuif die Boomhuis en Boomshop terug na die aanvanklike perseel by La Dolce Vita by 60 Baron Van Reede teen die einde Februarie – waar die eerste winkel drie jaar terug begin is – met ’n nuwe voorkoms en vars produkte op die rakke.

Enige iets van CBD tot groeisakke sal beskikbaar wees.

Nuwe lede is is welkom om aanlyn te re-gistreer by www.boomshop.co.za. Gaan na die HUIS-afdeling en begin jou aansoek vandag.