Seeff Oudtshoorn ryg toekennings in

Van links: Hezali Nel, Bettie Nel, Samuel Seeff (Chairman Seeff), Lisa Meyer, Elmerie Alberts en Jan Verlinde. Foto verskaf

Seeff Oudtshoorn het tydens ’n glansgeleentheid by die Hawthorn Boutique Hotel ’n rits pryse by Seeff se jaarlikse Oos-Kaap/Tuinroete-toekennings vir 2023 ingepalm.

Seeff Oudtshoorn ding mee met 74 verkoopsagente en 29 verhuringsagente van onder meer George, Mosselbaai, Knysna en Plettenbergbaai. Seeff Oudtshoorn het nie vir ’n enkele agentskap teruggestaan nie en ons is met reg trots op ons agente!

Daar was toekennings vir verkope sowel as verhurings. Albei afdelings word onderverdeel in twee kategorieë, naamlik eenhede en rand-waarde.

Elmerie Alberts spog met die eerste plek vir hoeveelheid eenhede verhuur in die streek, asook ’n tweede plek vir verhurings in rand-waarde.

In eenhede verkoop het Bettie Nel tweede plek en Lisa Meyer derde plek behaal. Die wenner van hierdie kategorie is ook as die nasionale wenner aangewys – dus ’n merkwaardige kandidaat waarteen ons agente uitstekend gevaar het! In rand-waarde het Bettie derde plek en Lisa agste plek behaal.

Bettie het ook Platinum Achiever Status bereik deur vir die vyfde jaar Achiever Status te haal. Die kriteria vir hierdie erkenning is om óf 27 huise in ’n jaar te verkoop óf om R24m teen 7% kommissie te verkoop. Ons is besonder trots op hierdie prestasie!

Elmerie bestuur tans 131 verhurings. Tot onlangs het sy alleen die verhurings behartig, maar met Oudtshoorn se groeiende getalle moes die verhuringsafdeling van Seeff Oudtshoorn vanselfsprekend ook groei.

Mia Rebula het in Februarie 2024 deel van hierdie span geword. Behalwe vir die ondersteu-ning wat Mia aan die verhuringsafdeling verleen, bring sy ook ervaring en kennis van bemarking deur haar BSBA Bemarkingsgraad wat sy verwerf het aan die Auburn Universiteit in Alabama, VSA.

Seeff Oudtshoorn se span brei verder uit met Hezali Nel wat by die verkoopspan aansluit en Ilze Basson wat voortaan die administrasie behartig. Ilze bring haar ervaring vanaf Seeff Malmesbury waar sy in 2014 aangesluit het en haarself opge-werk het vanaf administrateur na bestuurder na verkoopsagent.

Ilze het in haar eerste jaar Verkoopsagent Nuweling van die Jaar in Malmesbury verower asook 10de meeste verkope in die streek.

Seeff Oudtshoorn is uiters trots op ’n span geesdriftige, suksesvolle agente wat vir hul harde werk vereer is.

Van ons kant af, eer ons ook elke Oudtshoorniet vir al die jare se lojale ondersteuning en vertroue. Sonder julle sou ons werk – en prestasies – nie moontlik gewees het nie.