’n Kaapse-tak vir Helene Badenhorst Attorneys!

Innecke Grobler, wat vanaf 1 Junie 2022 die Bellville-tak van Helene Badenhorst Attorneys bestuur.

SKAARS ’n jaar nadat Helene Badenhorst Attorneys hul deure op Oudtshoorn geopen het, stel dié prokureursfirma vandees­week hul nuwe tak in Bellville, Kaapstad aan hul kliënte bekend.

’n Vriendin en kollega van Helene, Innecke Grobler, wat self ook haar LLB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch ver­werf het, staan van 1 Junie 2022 af aan die hoof van die nuwe Bell­ville-tak.
Innecke is self ‘n aktebersorger en die Bellville-tak sal veral die aktes-afdeling van die besig­heid behartig.

Oudtshoorn-kliënte sal dus ook met Innecke te doen kry.

”Dié nuwe kantoor gaan ver-seker voordele vir ons Oudts-hoorn-kliënte inhou, omdat dit ons in staat stel om direk met die Akte- & Meesterskantoor te werk, asook om ons fooie bietjie te sny.” sê Helene.